Peste kan ’n “beach” wees… maar beheer moet presies wees
Geskryf deur Robby Pienaar
Onder Suid-Afrikaanse toestande, waar temperature en seisoene dikwels ideaal is vir vinnige plaagontwikkeling, bly Lepidoptera-larwes een van die grootste oorsake van opbrengsverliese in rygewasse, groente en boomgewasse. Spesies soos herfskommandowurm, bolwurms en ander ruspes kan binne ’n kort tyd groot skade aanrig en gewasontwikkeling ernstig benadeel.
Doeltreffende beheer vereis daarom meer as net tydige toediening, dit vra ook produkte met betroubare werking en eienskappe wat pas by moderne produksiestelsels.
Rol in weerstandsbestuur
Weerstand teen insekdoders is ’n toenemende realiteit in Suid-Afrika, en dit maak die keuse van produkte al hoe belangriker.
Tarpinon bied waarde in weerstandsbestuur omdat dit:
- ‘n Alternatiewe chemiese groep bied vir die beheer van lepidoptera peste (IRAC Groep 6 – Avermektiene)
- Effektief bly teen populasies wat weerstand opgebou het teen:
- Karbamate (IRAC Groep 1A)
- Organofosfate (IRAC Groep 1B)
- Piretroïede (IRAC Groep 3)
Die gebruik van Tarpinon 50 WG as deel van ’n rotasieprogram help daarom om die volhoubaarheid van chemiese beheer te beskerm.
Praktiese toepassing in die veld
Die suksesvolle gebruik van Tarpinon hang grootliks af van tydsberekening en goeie toedieningspraktyke.
Tydsberekening
Die beste resultate word verkry wanneer toediening plaasvind:
- Op vroeë larf stadiums (L1–L2)
- Tydens aktiewe voeding
- Voor betekenisvolle gewasskade ontwikkel
Vroeë beheer help om plaagpopulasies te stabiliseer en om die ontwikkeling van verdere generasies te beperk.
Spuitpraktyk
Doeltreffende toedienings-praktyke bly krities:
- Gebruik voldoende water volumes vir egalige bedekking
- Verseker penetrasie in digte blaarmassas
- Pas waterkwaliteit (pH/hardheid) aan waar nodig
Programplasing en weerstandsbestuur
Tarpinon moet strategies gebruik word:
- Wissel toedienings af met produkte uit ander IRAC-groepe
- Vermy herhaalde toedienings met Groep 6 produkte
- Moet nie Tarpinon saam met abamektien gebaseerde produkte gebruik nie
Die biologie van die probleem
Lepidoptera-larwes bied unieke uitdagings vir beheer:
- Hulle voed aktief en veroorsaak direkte skade aan blare en reproduktiewe strukture
- Hulle kom dikwels voor in beskermde groeipunte of digte blaarmassas
- Baie populasies toon reeds verminderde sensitiwiteit teenoor konvensionele chemiese groepe
Hierdie eienskappe beklemtoon die behoefte aan produkte wat deur die plant opgeneem word om tydens voeding deur die plaag ingeneem te kan word.
Tarpinon – ’n doelgerigte benadering tot larwale beheer
Tarpinon 50 WG bevat emamektien bensoaad (IRAC Groep 6) en is geformuleer as ’n wateroplosbare korrel vir die beheer van Lepidoptera-larwes.
Die produk het translaminêre eienskappe, wat beteken dit beweeg deur die blaaroppervlak en versprei binne die blaarweefsel. Dit verseker dat die aktiewe bestanddeel beskikbaar is waar larwes voed, en bevorder konsekwente opname tydens voedingsaktiwiteit.
Belangrike eienskappe
- Translaminêre beweging tot binne in blaarweefsel
- Werking deur maagaksie
- Teiken die insek se senuweestelsel
- Geskik vir programme waar betroubare larwale beheer nodig is
Hierdie werkswyse ontwrig die normale werking van larwes se senuwee stelsels, wat hulle vermoë om te voed en te ontwikkel beperk.
Rol in weerstandsbestuur
Weerstand teen insekdoders is ’n toenemende realiteit in Suid-Afrika, en dit maak die keuse van produkte al hoe belangriker.
Tarpinon bied waarde in weerstandsbestuur omdat dit:
- ‘n Alternatiewe chemiese groep bied vir die beheer van lepidoptera peste (IRAC Groep 6 – Avermektiene)
- Effektief bly teen populasies wat weerstand opgebou het teen:
- Karbamate (IRAC Groep 1A)
- Organofosfate (IRAC Groep 1B)
- Piretroïede (IRAC Groep 3)
Die gebruik van Tarpinon 50 WG as deel van ’n rotasieprogram help daarom om die volhoubaarheid van chemiese beheer te beskerm.
Praktiese toepassing in die veld
Die suksesvolle gebruik van Tarpinon hang grootliks af van tydsberekening en goeie toedieningspraktyke.
Tydsberekening
Die beste resultate word verkry wanneer toediening plaasvind:
- Op vroeë larf stadiums (L1–L2)
- Tydens aktiewe voeding
- Voor betekenisvolle gewasskade ontwikkel
Vroeë beheer help om plaagpopulasies te stabiliseer en om die ontwikkeling van verdere generasies te beperk.
Spuitpraktyk
Doeltreffende toedienings-praktyke bly krities:
- Gebruik voldoende water volumes vir egalige bedekking
- Verseker penetrasie in digte blaarmassas
- Pas waterkwaliteit (pH/hardheid) aan waar nodig
Programplasing en weerstandsbestuur
Tarpinon moet strategies gebruik word:
- Wissel toedienings af met produkte uit ander IRAC-groepe
- Vermy herhaalde toedienings met Groep 6 produkte
- Moet nie Tarpinon saam met abamektien gebaseerde produkte gebruik nie
Gevolgtrekking
Peste kan maklik ’n “beach” wees – frustrerend, onvoorspelbaar en duur. Maar met die regte gereedskap en strategie hoef dit nie so te bly nie.
Tarpinon 50 WG bied:
- ’n Betroubare oplossing vir lepidoptera-beheer
- ’n Belangrike hulpmiddel in weerstandsbestuur
- Konsekwente beheer oor verskillende gewasse en toestande
Sodat jy minder tyd spandeer om peste te bestuur… en meer tyd kan hê om te droom oor daardie volgende Mauritius vakansie.
TARPINON 50 WG – Reg. nr. L11338, Wet 36 van 1947.
Aktiewe bestanddeel: Emamektienbensoaat – 50 g/kg. IRAC INSEKDODER GROEPKODE: 6.
Reg. houer: Enviro Bio-Chem (Pty) Ltd.
Maatsk. Reg. nr. CK2013/194774/07.
Tel: 012 006 0063 | 072 678 8226. E-pos: robbyp@envirobiochem.co.za.